Spoke spook
Jou ooglede voel swaar. Daar is 'n sagte piepgeluid wat klink asof dit van diep binne jou kop kom. Jy begin asem haal, koue lug vul jou longe. Hoe meer jy asem haal, hoe ligter word jou ooglede.
Daar is 'n helder wit lig voor jou, dit trek jou soos 'n sterk rivierstroom aan.
Wanneer laas het jy so lig gevoel? Jy kan nie onthou nie. Nou dat jy daaraan dink, wat kan jy onthou? [[Dink]]Jy probeer onthou, enige iets, 'n naam, 'n huis, maar dis soos om jou hand in 'n leë sak te druk en net rond te voel. Dalk sal dit met tyd na jou toe terug kom.
Jy sweef al hoe nader aan die lig, tot dit al is wat jy kan sien. Dis nou so helder jy moet jou oë toe knyp.
Skielik begin jy val, nie vinnig nie, soos 'n blaar wat uit 'n boom uit val. Die lig raak al hoe dowwer. Jy begin koud voel, en swaar.
Na 'n ruk, kom jy agter jy val nie meer nie. Die piepgeluide van vroeër is nou duideliker. Is dit krieke?
[[Maak jou oë oop]]Dis eers baie dof, bo jou sien jy wit kolletjies teen 'n swart agter grond. Jy knip 'n paar keer jou oë tot jy duidelik kan sien. Jy herken dadelik Orion se beld. Die maan ook.
Skielik hoor jy 'n gedreun. Dit laat jou vir die eerste keer rond kyk. Jy lê op die grond, langs die pad. Hoe het jy hier beland? So veel vrae en so min antwoorde.
[[Jy staan op]]Jy staan langs 'n oop stuk pad. Oorkant die pad is 'n veld vol bossies en klein boompies. Agter jou is 'n paadjie wat lei na 'n huis toe. Daar skyn lig by die vensters uit.
Die gedreun wat jy vroeër gehoor het is nou harder. Twee ligte verskyn aan jou regter kant. Jy dink dis 'n bakkie, maar dit kan seker 'n groot kar ook wees.
Waar is jy? Jy herken nie enigeiets nie, maar dis dalk omdat dit so donker is. Die bakkie is nou amper by jou. Jy kyk van die pad af na die huis toe. Wat gaan jy doen?
[[Jy draai om en stap na die huis toe]] Die maanlig skyn helder op die huis se sinkdak. Die huis is nie baie groot nie, daar is 'n klein stoepie en 'n groot venster aan die een kant van die deur. Al is dit donker, kan jy steeds sien hoe vaal die wit mure is, die verf dop op 'n paar plekke af.
[[Jy staan voor die huis]]Jy klim stadig die drie stoeptrappies. Daar is 'n lig wat net dof genoeg brand om te wys hoeveel insekte daarom vlieg. Langs die deur is daar twee ou rusbanke, die kussings is 'n vuil geel met 'n paar swart kolletjies waar sigarette doodgedruk is.
Voor jy klop, huiwer jy eers. Wat gaan jy sê? Jy weet nie eers wat jou naam is nie. Jy weet nie eers wat jy nie weet nie!
Dalk sal die mense in die huis weet wat om te doen, dalk weet hulle wie jy is! Met hierdie gedagte lig jy jou hand op om te [[Klop]]Jy loop om die linkerkant van die huis. Daar is nie 'n buite lig nie, net die maanlig. Daar is twee groot vensters aan hierdie kant van die huis. Daar kom lig by die verste een uit.
[[Gaan kyk deur die venster]]
[[Gaan terug na die voordeur->Jy staan voor die huis]] Jy stap by die regterkant van die huis om. Daar is twee vensters. Daar kom lig by die naaste een uit. Jy begin nader stap. Die klank van ligte, vinnige voetstappe laat jou stop.
Daar kom 'n lae gegrom uit die donkerte uit. Jy gee 'n tree agter toe. In die lig wat uit die venster uit kom, verskyn 'n bol wit hare en tande. Twee swart oë staar na jou deur die hare. Dit lyk nie na 'n spesifieke soort hond nie, maar net 'n brak. Hy begin vir jou blaf. Daar is 'n benoudheid in sy blaf wat vir jou hoedervleis gee.
[[Gaan terug na die voordeur toe->Jy staan voor die huis]] Jy klop, maar jy voel nie hoe jou hand die deur tref nie. Inteendeel, jy sien hoe jou hand deur die deur verdwyn, sodat jy net jou voorarm sien uitsteek.
Wat de hel? Jy trek jou hand terug. Die ander hand wil ook nie klop nie. Dinge ruk nou hand uit. Met 'n plat hand probeer jy aan die deur raak, maar jou hand gaan net deur. As jou hand deur kan gaan, sal jy seker net deur kan loop. Maar wil jy regtig so ongeskik wees? Sê nou die mense skrik?
[[Loop deur die deur]]
[[Loop links om die huis]]
[[Loop regs om die huis]] Versigtig trap jy vorentoe. Jy weet nie wat om te verwag mie. Jou voet gaan deur die voordeur. Jy voel hoe jou voet aan die anderkant van die deur op iets sag trap. Dis seker 'n mat. Jy haal diep asem en gaan vorentoe.
Voor jou is 'n dof verligte sitkamer. Daar is drie rusbanke van dieseldfe kleur as dié op die stoep. Teen die muur staan 'n stowwerige ou televisie. Aan die ander kant van die kamer is daar 'n deur. Van wat jy kan sien is dit die kombius. Jy kan hoor hoe daar sagte musiek daarbinne speel. Nou en dan kan jy iemand se skaduwee sien beweeg.
Langs die kombuisdeur is 'n donker gangetjie. Daar is 'n dun ligstrepie onder een van die deure.
[[Kombuis]]
[[Gang]]Jy stap na die kombuis toe. Soos wat jy naderkom raak die musiek harder. Dit klink soos jazz.
Daar staan 'n tafel in die middel van die kombuis. Aan die verste punt sit daar 'n man met 'n wit hemp aan. Die hemp se boonste twee knope is losgemaak en daar is donker sweetkolle onder die man se arms. Sy bruin kortgesnyde hare lê klam teen sy voorkop.
Voor hom, op die tafel, is 'n glas met bruin vloeistof en ysblokkies. Langs die glas is 'n halfleë bottel met dieselfde vloeistof in. Die man lê terug in die stoel, sy rooi oë staar na die dak. Hy sing saggies saam met die musiek.
Skielik hik hy en giggel so 'n bietjie, voor hy weer 'n sluk van sy drank vat.
[[Praat met die man]]
[[Gaan na die gang toe ->Gang]] Jy stap by die gang af en gaan staan voor die deur waar die lig vandaan kom. Sonder om te dink lig jy jou hand om te klop.
Skielik kom daar 'n harde slag uit die kombuis uit, gevolg deur 'n lae gekerm. 'n Seun kom uit die kamer uit. Hy kyk vir 'n oomblik reguit in jou oë in. Jy gee 'n tree terug en wag dat hy jou vra wat jy in sy huis soek.
Maar hy skud net sy kop en loop by die gang af, regdeur jou. Hy stop vir 'n oomblik en ril, asof hy koud kry.
[[Jy loop agter hom aan by die kombuis in.]] "Akies, Oom, kan Oom my dalk help asseblief?" Jy gaan staan by die tafel. Hy hou vir 'n oomblik op met sing en kyk deur skrefies oë in jou rigting.
"Jy hoor nou weer goed, André," mompel hy en vat nog 'n sluk drank.
Jy stap om die tafel na hom toe, maar nie te naby nie. "Nee, Oom, ek is regtig hier." Jy forseer 'n glimlag. Hy kon jou seker nie mooi hoor nie.
Die man sit skielik regop in sy stoel. Sy rooi oë staar na jou, deur jou. "Bly stil!" skree hy. Met 'n vinnige arm trek hy die hand wat die glas vashou terug tot langs sy kop. Hy gooi die glas na jou toe.
[[Koes vir die glas]]Jy buk net betyds en die glas breek teen die muur agter jou. Die man val lomp van sy stoel af, hy kyk met pieringoë na jou.
"W..wie is jy? Waar kom jy vandaan?" Hy begin agter toe kruip op sy hande en boude. "Jy is nie regtig daar nie! Dis die whisky!"
Jy wil nog iets sê, toe kom daar nog iemand by die deur in. Hy het dieselfde kleur hare as die man, maar hy is korter en maerder. Hy loop verby jou, maar hy kyk nie in jou rigting nie.
"Al weer, Pa?" hy gaan kniel langs die man.
"Kyk, daar," mompel die man en wys na jou toe. Sy hand hang slap aan sy arm met net sy wysvinger effens uitgesteek. Sy oë is besig om toe te gaan.
Die seun kyk in jou rigting. Hy kyk af en skud sy kop. "Daar is niemand nie, Pa," sê hy saggies en sit sy pa se arm om sy nek.
Daar is niemand hier nie? Jy staan dan hier. As jy deur die deur kon loop, en die seun kon jou nie sien nie... Nee dit kan nie wees nie, daar bestaan nie so iets nie. Maar 'n mens kan ook nie deur mure loop nie. Beteken dit dan? Jy maak jou oë toe en skud jou kop, [["Shit, ek is 'n spook."]]Die seun help die man op. Het hy gesê hy is André? André probeer op spaghetti bene loop, terwyl sy seun hom ondersteun. Jy volg hulle by die gang af tot by André se kamer. Sy seun sit hom op die bed en gooi die lakens oor hom. Hy laat hom op sy sy lê en sit 'n emmer langs die bed neer. Dit lyk of hy hierdie gereeld doen.
Die seun gaan uit die kamer uit. Jy volg hom by die gang af. Hy gaan by sy kamer in en maak die deur agter hom toe.
[[Gaan by die kamer in]]Daar lê klere op die vloer. Die seun sit voor 'n rekenaar. Jy sal op 'n manier met hom moet kommunikeer. Daar moet 'n manier wees. Jy is 'n spook, en wat doen spoke? Hulle spook. Al die spookstories kan nie opgemaak wees nie. Jy sal weet, jy is in een.
Maar hoe spook 'n mens? Jy sal maar moet eksperimenteer tot iets werk.
[[Skree in die seun se oor]]
[[Stamp die waterbottel van die lessenaar af]]
[[Sit die rekenaar af]]
[[Gooi sy laken oor jou kop]]Daar lê 'n man op die vloer. 'n Stoel lê langs hom, en 'n stukkende glas. Die seun vat 'n lap en vee bruin vloeistof van die vloer af. Daar is 'n bottel van dieselfde vloeistof op 'n tafel in die middel van die kombuis.
"Al weer, Pa?" vra die seun, terwyl hy die waslap uitspoel en ophang.
Sy pa kyk stadig op na jou, hy glimlag effens. "Wie's jou vrie..iend?" mompel hy.
"Daar is niemand hier nie, Pa, jy is net weer gesuip," sê die seun kortaf. Die pa hik. "Jy sien nou weer goed, André," mompel hy vir homself.
So die pa kan jou sien, maar die seun nie? Hoe werk dit? Beteken dit? Maar dit kan nie wees nie, [[daar bestaan nie so iets soos spoke nie->"Shit, ek is 'n spook."]] Jy stap tot langs die seun, hy sit en fokus op sy rekenaar. Hy is besig om iets te tik, maar jy kan dit nie lees nie, alles lyk verkeerd om. Jy buk langs sy kop en haal diep asem. Kom ons kyk of hy jou nou kan hoor.
"Heyyy!" gil jy. Niks. Hy tik net verder. Dalk moet jy sy naam roep, maar wat is sy naam? Jy soek op die lessenaar vir iets met 'n naam op. Daar lê 'n skoolboek langs sy sleutelbord.
"neojliV seuqcaJ" staan op die plakker.
"Jacques!" skree jy weer. Hy kyk op. Hy kyk met skrefies oë na die deur toe. Dan skud hy sy kop en tik verder.
Hy moés nou iets gehoor het.
"Jacques!" skree jy weer sodat jou keel brand.
Hy ruk so dat sy stoel 'n paar sentimeter op sy wielietjies terug skyf.
"Roep Pa?" vra hy met 'n bewerige stem. Natuurlik antwoord André hom nie. Jacques skyf terug tot by sy lessenaar, hy sit die oorfone wat aan die rekenaar gekoppel is in sy ore.
[[Stamp die waterbottel van die lessenaar af]]
[[Sit die rekenaar af]]
[[Gooi sy laken oor jou kop]]Jy gaan staan voor die waterbottel op sy lessenaar. Hierdie beter nou werk. Jy trek jou hand terug en klap so hard as wat jy kan. Jou hand gaan deur die bottel. Hoe kry ander spoke sulke goed reg? Jy gaan hurk voor die bottel. Dalk as jy dit blaas?
Jy haal diep asem en [[blaas]]Aangesien al sy aandag by die rekenaar is, besluit jy jy gaan maar dit moet af sit. Jy probeer die knoppie onder die skerm druk, maar weereens het jy geen effek daarop nie. Of het jy? Jou vinger sit in die rekenaar vas. Jy voel hoe jou hele lyf hoendervleis kry. Die rekenaar skerm begin wit en swart flits.
"Ag nee, wat nou?" skree Jacques. Hy klap die skerm en jou vinger kom los.
Die hoendervleis wat jy gevoel het gaan stadig weg. Dis dalk die oplossing, elektrisiteit. Agter die lessenaar is daar 'n muurprop. Jy gaan hurk daar en vat die rekenaarkabel in jou hand. Weer hoendervleis. Jy trek aan die kabel. dit sukkel eers, maar kom dan uit.
Jacques spring van sy stoel af op. "Wat de hel gaan aan?" gil hy verward. Jy begin nou opgewonde raak. Die ligskakelaar vang jou oog, perfek. Jy gaan druk jou vinger regdeur die skakelaar. Hierdie keer kry jy meer as net hoendervleis. Jy voel hoe die elektrisiteit deur jou vloei, maar dis nie seer nie. Dis 'n aangename warm gevoel.
Die kamerlig begin aan en af flikker, eers stadig en dan al hoe vinniger. Jacques kyk met groot oë rond. Hy kyk in jou rigting. Jy het nie verwag dat hy gaan gil nie. Hy val terug op sy bed en kyk vir jou. Jy trek jou vinger uit die skakelaar uit en die ligte hou op met flikker.
Hy sit nog steeds en kyk in jou rigting. Kan hy jou nou sien? Jy begin kant toe loop. Sy oë volg jou.
"Wag, jy is Albert!" sê hy skielik. Die naam tref jou soos 'n klip uit 'n slingervel. Is jy Albert? Dit klink of dit jou naam kan wees.
[["Ek weet nie, is ek?]]Jy stap na sy bed toe. Dis nie opgemaak nie, maar alles lyk darem skoon. Jy probeer die laken optel, maar jou vingers gaan deur dit. Dit gaan nie help nie.
[[Skree in die seun se oor]]
[[Stamp die waterbottel van die lessenaar af]]
[[Sit die rekenaar af]]Die bottel kantel effens. Die seun kyk verbaas om. Hy gryp die bottel sodat dit nie val nie. Jy spring rond. Die bottel het beweeg! Hy staan op en gaan maak sy venster toe.
Jy rol jou oë en gaan hurk weer by die bottel, maar voor jy kan blaas vat hy dit. Hy bêre dit in sy laai.
[[Skree in die seun se oor]]
[[Sit die rekenaar af]]
[[Gooi sy laken oor jou kop]]"Dit kan nie wees nie," sê Jacques. Hy begin heen en weer loop.
[["Hoekom kan dit nie wees nie?"]]
[["Wel ek is hier, so ons moet maar daarmee werk."]]Jy moet effens op jou tone staan om by die venster in te sien. Dis 'n kombuis. Daar sit 'n man by die tafel. Hy lê treug in sy stoel en kyk op na die dak. Daar is 'n glas in sy hand, daar is 'n bruin vloeistof met ysblokkies daarin. Sy lippe beweeg, maar jy kan nie hoor wat hy sê nie. Dalk moet jy aan die venster klop, of gaan dit creepy wees? Dalk is dit beter om aan die voordeur te gaan klop, dis meer normaal, maar hy gaan dalk nie hoor nie.
[[Klop aan die venster]]
[[Gaan klop aan die deur->Jy staan voor die huis]] [[Klop aan die deur]]
[[Loop links om die huis]]
[[Loop regs om die huis]]Jy probeer jou kneukels teen die venster kap, maar jou hand gaan regdeur. Is die venster eintlik oop? Nee, daar loop dan 'n muskiet op die oppervlak. Jy probeer weer klop, weer gaan jou hand net deur. Terwyl jy met jou hand in die venster staan, kyk die man om. Hy kyk reg in jou oë.
Hy gil en probeer op staan. Half pad op gly sy voet. Hy val met sy kop op die stoel. Die kraakgeluid maak jou naar.
[[Begin oor->Ontwaking]] Hy kyk met verbasing na jou. "Want jy is dood! Jy is een jaar terug hier voor ons huis doodgery, so hoe kan jy nou in my huis wees?"
"Wel, obviously is ek 'n spook," sê jy, asof jy nie 'n ruk terug self gewonder het nie.
"Daar bestaan nie so iets soos spoke nie," kerm hy.
[["Wel ek is hier, so ons moet maar daarmee werk."]] "Hoe moet ons daarmee werk? Kan jy nie net... aan beweeg nie?" Is hy nou ernstig?
"Wow, hoekom het ek nie vroeër daaraan gedink nie?" vra jy en klap jouself speels teen die voorkop.
"En hoe moet ek jou help? Moet ek jou met knoffel gooi?" vra Jacques.
Jy wens jou kon hom teen die voorkop klap. Dalk kan jy, jy sal later dalk probeer.
"Word groot, het jy my geken?" vra jy.
"Nie baie goed nie. Jy was cooler as ek. Hy kyk vir 'n oomblik af.
"Wel as dit jou laat beter voel, ek is nou dood, dis nie so cool nie."
Hy rol sy oë. "Dit doen nie."
"Okei, hierdie gaan ons nêrens heen bring nie, ons moet ageterkom hoekom ek nie kon aanbeweeg nie, het jy 'n idee?" vra jy.
Hy sit en dink, "Ek het jou nie goed genoeg geken om te weet nie, ek weet net Lucinda was nooit weer dieselfde nie."
Toe hy daardie naam sê kry jy oombliklike hoendervleis en 'n warm gevoel in jou bors. "Wie's Lucinda?" vra jy, alle sarkasme nou by die ruit uit.
"Sy was jou meisie." Jacques gaan sit voor sy rekenaar. Dan sug hy, "Hoekom moes jy die rekenaar uitprop?" Hy staan op en prop dit weer in.
"Wat gaan jy nou doen?" vra jy en gaan hurk langs hom.
"Ek gaan vir jou wys hoe jou meisie lyk, op Facebook."
Al hierdie name begin vir jou bekend klink. Jacques gaan by sy Facebook in en hy is vinnig op Lucinda se profiel.
"Wow, sy's 'n babe," fluister jy. Sy het blonde hare en bruin oë. Wanneer sy glimlag is daar 'n klein plooitjie op haar neus.
[[Sy was altyd selfbewus daaroor.]]Jy kom dit vir 'n sekonde nie agter nie. Dan tref dit jou. Jy het iets onthou!
"Kan jy my na haar toe vat asseblief?" vra jy vir Jacques.
"Jy weet dis half vier in die oggend?" Hy kyk met 'n frons vir jou.
[["Ek gee nie om nie, vat my nou!"->"Ek gee nie om nie, vat my nou!]]
[["Ek is jammer, lyk my die dooies verstaan nie tyd nie, ons kan seker maar wag tot later."]]Julle stap by die huis uit en gaan klim in die ou skedonk van 'n kar.
"My pa gaan my moer as hy weet ek ry met die kar," mompel Jacques.
Die kar sukeel so 'n paar keer om aan die gang te kom, maar binnekort brul die enjin. Jacques trek by die oprit uit. Hy sien nie die kar wat aan sy regterkant aankom nie.
[[Begin oor->Ontwaking]] Jacques probeer die res van die aand slaap, terwyl jy op sy stoel sit. Blykbaar kan die dooies ook nie slaap nie. Dis omtrent agtuur wanneer Jaques uit die stort uit kom.
"Okei, laat ons maar gaan," sê hy. Hulle begin by die gang af stap, maar dan stop Jacques. "Ek wil net gou iets doen." Hy gaan by sy pa se kamer in.
Jy gaan staan naby genoeg aan die deur om te kan hoor wat hy sê.
"Ek is jammer, Pa, jy was toe gisteraand reg, hier was iemand. Ek moes nie so lelik gewees het nie." Hy kom by die kamer uit. Sy oë lyk effens rooi.
[[Julle gaan klim in die kar.]]Jy en Jacques staan voor Lucinda se huis. Dit voel vir jou of jy op die punt is om meer te onthou, alles lyk bekend. Jacques druk die klokkie, na jy peobeer het en die huis se krag laat afskop het.
Die deur gaan oop, Lucinda kyk vir Jacques en frons. Sy is nog in haar slaapklere. "Kan ek help, Jacques?" vra sy en glimlag. Die plooitjie op haar neus wys weer.
Soos 'n fliek, begin alles na jou toe terugkom. Julle eerste date by Wimpy, Julle eerste soen by die Valentyns sokkie.
[[Laat Jacques met haar praat]]
[[Neem sake in jou eie hande]]"Hi, Lucinda, dis seker vir jou vreemd om my hier te sien. Maar ek hhet vir jou goeie nuus. Jy sien, Albert is hier saam met my, of wel sy spook is, en hy wil graag met jou praat."
Lucinda se glimlag verander weer in 'n frons, die trane begin by haar oë opdam. Sy slaan die deur toe dat dit in die straat af weergalm. Die deur gaan weer oop, ek dog ons gaan nog 'n kans kry, maar Lucinda kom nie by die deur uit nie. Dis haar pa, met moord in sy oë.
[[Gaan terug->Julle gaan klim in die kar.]] Voor Jacques enigeiets kan sê, druk jy jou vinger deur die deurklokkie. Jy voel hoe die elektrisiteit deur jou begin vloei.
Lucinda draai haar kop van Jacques na jou toe. Jy glimlag, jy hop sy kan dit sien. Sy seek haar hand uit en vat aan jou wang.
Jy los die klokkie en sit jou arms om haar. Jy hoop dit werk.
Dit lyk eers of jou arms deur haar gaan gaan, maar dan voel jy haar lippe teen joune.
[[Jy maak jou oë toe]]Jy sien weer 'n helder lig voor jou, maar hierdie een is mooier. Jy sweef gewigloos al hoe nader. Trane loop by jou wange af terwyl die lig al hoe helderder word. Jy begin lag, jy lag soos wat jy nooit gelag het toe jy lewendig was nie. Want jy weet sy huil nie meer nie.